Connect with us

News

Pretoria-leeskringe versterk weer bande met gesamentelike byeenkoms

Published

on

Die koördineerder van leeskringe in en om Pretoria, Johan Talma, glo dat soos tye verander, moet daar by aangepas word en dit geld ook vir leeskringe.

“Leeskringe kan nie maar net op die ou patroon aangaan nie. Ons moet ook aanpas en besef ons moet dinge anders doen,” glo Talma.

Vanjaar se gesamentelike byeenkoms vind dus plaas in ’n saal waar die gaste aan tafel bymekaar kan sit, gesellig aan vars plaasprodukte kan smul terwyl die spreker, prof. Willie Burger, gaan gesels oor hoekom maak skrywers soms hul boeke so ingewikkeld?

In die verlede het skrywers gewoonlik by soortgelyke byeenkomste ’n boek bekend gestel.

“Na Covid-19 is daar skielik ’n ryke verskeidenheid van boeke wat tydens die pandemie geskryf is, en nou gepubliseer is. Pretoria se boekgeesdriftiges kan tot in een maand deesdae meer as vyf boekbekendstellings bywoon sou hulle wou. Ons het gedink om dus iets anders aan te bied deur prof. Burger te nooi en iets aan te spreek waaroor ons almal lankal wonder,” vertel Talma.

Die geleentheid word ook nie net deur een leeskring georganiseer nie, maar talle leeskringe vat hande om van die dag ’n sukses te maak.

Advertisement

“Vir leeskringlede is dit ’n groot gebeurtenis. Hulle sien ou vriende en maak nuwe vriende van ander leeskringe en so versprei die goeie nuus van liefde vir goeie boeke en ’n passie vir lees,” sê sy.

Die gesamentelike byeenkoms het ’n trotse geskiedenis.

“’n Jaarlikse samekoms om die ‘familieband’ tussen leeskringe wat van mekaar afgestig het, lewend te hou is reeds in 1940 in die vooruitsig gestel. Dit was die begin van die jaarlikse gesamentlike byeenkoms van Pretoria se leeskringe. Die eerste byeenkoms het plaasgevind in November 1941 en was gewy aan die skryfwerk van NP Van Wyk Louw.

Anna Neethling-Pohl wat ’n lid was van die Mabel Malherbe Leeskring het voorgedra uit Die dieper reg, Die halwe kring en Alleenspraak.”

Sy weet van 21 leeskringe in Pretoria. “Daar is waarskynlik meer, asook boekklubs. Sowat 200 van dié waarvan ek weet, deel die belangstelling om van mekaar se byeenkomste en boekbesprekings te wete te kom, en jaarliks saam ’n byeenkoms te hou,” verduidelik Talma.

Met haar koördinering sorg sy dat leeskringe weet watter boeke en wanneer by ander kringe bespreek word.

Advertisement

Sy wys op een van Pretoria se oudste leeskringlede, Fenna Klooster, wat eersdaags 95 word en elke jaar nog ’n boek by haar leeskring bespreek.

Soos Monica Hammes, ’n jare lange lid van verskeie leeskringe, ken Talma die geskiedenis van Afrikaanse leeskringe in Pretoria op die punte van haar vingers.

Sy verduidelik in Pretoria was daar reeds aan die begin van die vorige eeu ’n Engelse boekklub waaraan onder andere Annie Botha, vrou van Generaal Louis Botha, behoort het.

“In 1912 stig Mabel Malherbe die Afrikaans-Hollandse Leesunie hier. Sy was ’n



Continue Reading
Advertisement