Connect with us

Alberton Record

KYK: NG Kerk Alberton-Wes hou ‘blommetoer’ en praatjie vir mans

Published

on

Die NG Kerk Alberton-Wes se ‘blommetoer’ en oggendpraatjie deur Jannie Putter, spesiaal vir die manne, was ‘n oggend om te onthou. Lidmate van die kerk het behoorlik na die geleentheid gestroom.

Die blommerankskikkings was so indrukwekkend dat daar heelwat foto’s van lidmate langs die rangskikkings geneem is terwyl almal kommentaar gelewer het oor hoe pragtig die tentoonstelling was.

Terselfdertyd het die manne in die saal bymekaargekom om te luister na die spreker, skrywer en sportsielkundige, Jannie Putter.


@albertonrecord

Die NG Kerk Alberton-Wes se ‘blommetoer’ en oggendpraatjie deur Jannie Putter, spesiaal vir die manne, was ‘n oggend om te onthou.

♬ original sound – Alberton Record

Advertisement

Putter is nie alleen skrywer nie maar ook ‘n sportsielkundige wat al saam met beide die Blou Bulle en Goue Leeus gewerk het.

Van Putter se boeke sluit in Wie Wen – Ek of my kind?, Die geheime van ‘n Kampioen, Wenplan vir die lewe, KOELKOP – dink soos ‘n wenner, Wenplan vir jou kind se lewe, en The Sport Coach – the psychology behind coaching.

Tydens sy praatjie het Putter openlik gesels oor sy vorige lewe waar hy in die greep van pronografie vasgevang was; só sy rigting in die lewer verloor het en hoe hy alles omtrent sy lewe bevraagteken het.



Hy het ook gepraat oor sy kinderjare, sy gesin en familie gedurende sy vroeë jare. Putter het die manne aangemoedig om hul gesinne lief te hê en te koester en dat hulle teenwoordig moet wees vir hul gesinne.

Putter het ook geraak aan die tye in sy lewe toe hy in armoede geleef het waar alkohol en totale agterlosigheid aan die orde van die dag was.

Advertisement

@albertonrecord

Gerard van Staden. Terwyl die vroue en kinders pragtige blommerangskikkings bewonder het, het die manne bymekaargekom vir ‘n praatjie deur skrywer en sportsielkundige, Jannie Putter.

♬ original sound – Alberton Record


“Maar sy lewe, en die van sy vrou het omtrent drie dekades terug verander.

“My vrou het my uitgedaag om op ‘n stukkie papier te skryf waar ek myself in die toekoms sien. Op daardie stadium het ek gedink dit is totaal belaglik. Nietemin, ons het beide geskryf waar ons onsself sien en vandag is ek trots dat ek steeds daardie papiertjies het en dat ek alles wat ek daar neergeskryf het, behaal het.”



Putter het vanaf 1985 to 1993 aan die Noord-Wes Universteit studeer waar hy sy graad en ook honneursgrade

Advertisement



Continue Reading
Advertisement