Connect with us

Motoring

Ramcat Fish terug met hengelfees vir gestremdes

Published

on

Hengel is waarskynlik die mees onderskatte sportsoort in Suid-Afrika in terme van die deelnemersgetalle.

Dít is ongetwyfeld een van die gewildste sportsoorte of sosiale tydverdrywe met ’n reuse gevolg oor die lengte en breedte van die land. Gaan kyk gerus na die belangstelling en meëlewing van heneglaars in offisiële en sosiale media publikasies oor hul sport.

Hoewel hengel ’n sport is waarin almal in die samelewing kan deel, is dit nie altyd so maklik vir gestremde persone om toegang tot hengelfasiliteite te vind nie. Hierdie feit is een van die groot redes waarom Ramcat Fish twaalf jaar gelede reeds begin het met hul hengelfeeste, wat twee keer per jaar aangebied word. Vroeg in die jaar is Ramcat Fish in Durban, waar gestremde hengelaars in die hawe hul lyne kan natmaak, terwyl hulle in die lentetyd die afgelope 12 jaar ’n hengelfees vir gestremde hengelaars in Irene (Centurion) aanbied.

Vanjaar is geen uitsondering nie en alle gestremde hengelaars kry op Sondag 6 Oktober weer die geleentheid om langs die dam by die Irene Country Lodge in Centurion hul lyne nat te maak en die katrolle te laat sing.

Elke hengelaar wat inskryf vir die fees kan deur ’n helper bygestaan word. Die dam by die Irene Country Lodge is baie toeganklik met geplaveide paadjies en onderdak parkering. Helpers kan die deelnemers bystaan om hul plek langs die dam in te neem, asook met die hantering van hengeltoerusting en ingooi van lyne.

Advertisement

Registrasie van deelnemers sal om 06:30 begin, terwyl die hengelaars ook met ontbyt en middagete onthaal sal word. ’n Kontantkroeg en verversings sal beskikbaar wees vir familielede van die deelnemers, besoekers en toeskouers.

“Dit is belangrik dat voornemende deelnemers vooraf bespreek, sodat ons die logistiek in orde kan kry ten opsigte van etes en ander reëlings,” het Gerard Smal, organiseerder van die fees aar Rekord gesê.

Volgens Smal benodig hulle ook vanjaar ekstra hulp met allerlei take rondom die logistiek van die dag en hy versoek vrywilligers om vooraf met hom te skakel.

Vir bespreking, aanbied van hul of ander navrae, skakel Gerard Smal by 081-754-8144.

 

Advertisement

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.



Advertisement
Continue Reading
Advertisement