Motoring
Naka Bulle uitoorlê Northam Rhinos wéér in Carltonbeker eindstryd
’n Ware kampioenspan raak nooit paniekerig nie, hou altyd by die wedstrydplan en wanneer die druk opbou, kan dié span reken op puik, ervare leiers in sy geledere om die wa deur die drif te help trek.
Dit help natuurlik ook as jou afrigter ewe ervaar en uitgeslape is, sodat daar in taai eindstryde altyd ’n troefkaart of twee is om die teenstanders te uitoorlê.
Bogenoemde beskrywing kan byna net so toegepas word op die Naka Bulle se benadering tot Saterdag se Castle Carltonbeker eindstryd, wat dié makro-klub uit die Moot vir die derde keer in vier seisoene gewen het deur die Rhinos van Northam met 39-33 te klop.
Maak geen fout nie, dit was nie só maklik nie. Die Bosvelders as klub – spelers én bestuur – het ’n obsessie met die Carltonbeker en hulle wil bitter graag geskiedenis maak deur die eerste klub buite die grense van Pretoria te word om dié gesogte trofee te wen.
Ongelukkig blyk dit dat Naka Bulle steeds vir die Bosvelders hul spreekwoordelike ‘Achilles heel’ bly in uitspeelwedstryde. Die manne van die Moot het hulle nou vier jaar agtereenvolgens oor die laaste twee hekkies gestuit – 2021 in die eindstryd, in 2022 in die halfeindstryd en dan weer in 2023 en vanjaar in die eindstryd.
Die Rhinos het die wedstryd soos ’n weghol trein begin en dit was duidelik dat hulle gedetermineerd was om vanjaar daardie albatros om hul nekke af te skud.
Só groot was die Northam Rhinos se aanvanklike aanslag, dat hulle teen rustyd reeds ses keer punte aangeteken het (insluitende drie baie groeie drieë) en gevolglik met 30-15 voorgeloop het toe die manne kon gaan water drink en kajuitraad hou.
Naka Bulle se afrigter, Marinus van der Watt, het egter sy troefkaarte in die tweede helfte begin speel. Seker die effektiefste hiervan was die gebruik van veelsydige voorrymanne op die bank, waarmee die tuisspan die Bosvelders veral in die vaste skrums begin boelie het en só hul momentum kon versteur.
Kragrugby – daardie aspek van Suid-Afrikaase rugby wat die res van die wêreld so irriteer – was ook Naka Bulle se wenresep, met vyf van hul ses drieë wat gekom het van dryfbewegings naby die doellyn. Een daarvan was ’n strafdrie, toe die Rhinos uit frustrasie die dryfbeweging onwettig probeer stuit het.
As Northam die eerste helfte oorheers het, is dit seker nie oordrewe om te sê dat Bielie Grundelingh en sy makkers die besoekers in die tweede helfte mak gespeel het nie. Terwyl die tuisspan 24 punte aangeteken het in daardie tweede skof, kon die Bosvelders slegs ’n enkele strafdoel tot hul totaal byvoeg.
Die Moot se mense het lank gewag vir hul rugbyklub – vir jare lank ’n sluimerende reus – om sy potensiaal te