Connect with us

Motoring

Goud én rekord vir plaaslike Paralimpiese ster in Parys

Published

on

Simoné Kruger is maar 19-jaar oud en het verlede jaar nog op Hoërskool Garsfontein se skoolbanke gesit, maar sedert die afgelope naweek is sy ’n Paralimpiese diskus-kampioen in die F38 kategorie.

Haar poging van 38,70m, waarmee Kruger die goue medalje verower het, is boonop ’n nuwe Paralimpiese rekord in die F38 kategorie.

Hierdie uitstaande prestasie kan sy nou ook agter haar naam skryf, saam met twee Para-atletiek wêreldtitels wat sy verelde jaar en vroeër vanjaar ingepalm het.

Daarbenewens het sy boonop vroeër vanjaar by die Para-Atletiek Wêrldkampioenskap in Japan ’n nuwe wêreldrekord van 38,82m opgestel in die F38 kategorie.

Advertisement

Para-atlete wat onder die F38 katgorie resorteer het ’n lae vlak inkorting/waardevermindering van koördinasie en beweging wat die onderste romp en bene of die een kant of die hele liggaam affekteer. Kruger se gestremdheid is veroorsaak toe sy reeds voor geboorte ’n beroerte gehad het.

By die spele in Parys het Kruger se F38 kategorie en die atlete in die F37 kategorie saam in een kompetisie deelgeneem. Die F37 kategorie is spesifiek vir veldatlete met ’n lae vlak inkorting van koördinasie en beweging langs die een kant van die liggaam.

Kruger was Vrydagaand in ’n hewige stryd betrokke met die ervare 26-jarige Chinese atleet, Yingli Li, wat aanvanklik voorgeloop het. Hoewel die jong Pretorianer die gunsteling was in die item vanweë haar vorige prestasies, het sy later erken dat die senuwees vooraf gepla het.

Sy het egter met elke gooi verbeter en dit was haar derde poging wat aan haar die voortou en die Paralimpiese rekord besorg het. Li het daarna hard probeer, maar haar beste poging het ses sentimeter (38,64m) agter die rekord-gooi van Kruger geland. Saldarriaga Hernandez (38,36m) van Colombië het die brons medalje gewen.

Kruger, wat deur haar pa, Andries, afgerig word, se merkwaardige prestasies het nou aan haar superster-status as Para-atleet besorg. Op 19 het sy inderdaad nou basies alles bereik wat ’n atleet in haar posisie kan bereik.

Advertisement

Sy is in 2021 reeds as skooldogter by die Gauteng Sport-toekenning aangewys as die ‘Mees Belowende Atleet’. ’n Jaar later, in 2022, is sy deur die Tshwane Sportraad aangewys as ‘Gestremde Sportvrou van die Jaar



Continue Reading
Advertisement