Connect with us

News

Vier ’n veilige internasionale toerismedag vanjaar

Published

on

Die Tshwane Toerismevereniging het vanjaar twee doelwitte op Internasionale Toerismedag (27 September) en sluit aan by hul bemarkingsleuse, om Tshwane die “wildste” hoofstad, sowel as die veiligste hoofstad ter wêreld, te maak.

Die vereniging verwelkom die Wêreldtoerisme organisasie se besluit om “Toerisme en Vrede” as die tema vir die internasionale dag aan te wys.

Vir Toerismevereniging vise-voorsitter Susan Marais sluit die tema ook die vrede in wat ’n veilige omgewing bring.

Drie veilige plekke in die buitelug waarnatoe sy graag in Pretoria gaan sluit buitelug- en ander restaurante van Hazelwood in.

“Dis die wonderlike restaurante met wilde spyskaarte en wonderlike wilde persoonlikhede verteenwoordigend van die mense in ons stad en talle van hulle in die buitelug,” sê Marais.

Advertisement

Haar ander groot gunsteling is Dinokeng-wildreservaat wat sowat 40 minute van Pretoria maar steeds binne die hoofstad se erkende stadsgebied geleë is.

“Dinokeng is die wildste plek in Pretoria maar veilig en rustig vir gesinne, paartjies en vriende om sonder enige bekommernis te verken. Daar is wonderlike restaurante, spa’s, akkommodasie-opsies en natuurlik die Groot Vyf van die diereryk,” verduidelik Marais.

Groenkloof-natuurreservaat is nog ’n plek waar sy tuis en veilig voel.

Sy is opgewonde oor onlangse samesprekings wat tussen die vereniging en die Tshwane-metropolisie onder leiding van die VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, plaasgevind het.

“Hierdie hele inisiatief is gebou op vennootskappe en tegnologie. Ons is so gelukkig om te kan aankondig die burgemeesterskomitee wil nou saam met ons werk om ook hierdie doelwit te verwesenlik. Tegnologie-oplossings vir ’n veiliger Pretoria is daardie CASI-veiligheidstoepassing wat Pretorianers en toeriste op hul fone kan aflaai. Almal wat dit aflaai, kan veiliger voel in hul huise, werksplekke en toeristebestemmings.”

Die vereniging bevorder die gebruik van die rekenaartoepassing op 27 September juis by Groenkloof-reservaat waar meer inligting daaroor verskaf sal word.

“Ons het ook vir ’n groter sekuriteitsteenwoordigheid Vrydag gereël by Groenkloof-reservaat deur een van die vennote van die veiligheidstoepassing en nooi alle natuurliefhebbers om die dag saam met ons te kom vier,” sê Marais.

Advertisement

Die veiligheidstoepassing is vroeër vanjaar in samewerking met die vereniging geloods en saai vir Pretorianers en besoekers sodra dit geaktiveer is, hul ligging en nood uit na al die naaste sekuriteitsvennote. Die toepassing stuur dit ook aan ’n 24-uur-bevelsentrum wat die sender betyds kan opspoor en die antwoorder kan bystaan deur al die vereiste inligting aan hulle te verskaf.

Gewapende reageerders sal in kennis gestel word van die noodgevalle, asook die ligging van die slimfoon wat die paniekbystand geaktiveer het, en die opro



Continue Reading
Advertisement