Connect with us

Entertainment

Bestuur jou geestesgesondheid met slaap en oefening

Published

on

Dr Eugene Kemp, ’n sielkundige en welstandsafrigter, voeg by: “Dit help ook om vernietigende patrone te onderskep of kwellende bekommernisse ’n ander fokus te gee. Jy moet dit ’n prioriteit maak, en bedag en bewus raak van die manier waarop jy dinge doen. Ten opsigte van oefening, moet jy seker maak dat jy tyd daarvoor beplan. Gee dit ’n spesifieke tydgleuf en verbind jou daartoe – fokus op die voordele wat op jou wag deur dit ’n prioriteit te maak.”

Wanneer ons nie slaap en oefening prioritiseer nie, sien ons meer en meer psigiatriese gevalle “wat gevolglik weer simptome van die meeste geestesprobleme soos depressie, angs en bipolêre steuring kan vererger,” sê dr Kemp.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Dr Daniel Amen, ’n Amerikaanse psigiater, het onlangs gesê oefening, wanneer dit met ’n antidepressante vergelyk word, is kop aan kop met enige farmakologiese ingryping om depressie mee te behandel. Dit bewys dat dit ’n doeltreffende manier is om jou geestes- en fisieke gesondheid te ondersteun.

“As jou gemoed ’n bietjie laag is, weet ons hoe moeilik dit is om net daaraan te dink om jou fiksheid weer ’n prioriteit te maak. Gelukkig hoef jy nie jouself te ooreis nie. Ignite Fitness se klasse en ander geriewe is bedoel om in al jou fiksheidsbehoeftes te voorsien. Jy mag vind dat jy graag bietjie harder wil begin oefen – dan is die Ruble-gedeelte vir jou bedoel. Dalk wil jy net by ’n gim aansluit omdat jy na ondersteuning op soek is en om jouself met ’n gemeenskap van mense soos jy te omring. Jy sal dan moontlik van ons groepsklasse hou. Wat jou ookal aan die beweeg kry, sal sekerlik jou kop en jou liggaam goed doen,” sê Kerry-Anne Marthieson, die bemarkingshoof by Ignite Fitness.

Advertisement

 

 

Slaap is een van die belangrikste aktiwiteite van jou hele dag – net so belangrik soos eet – en daarom moet ons seker maak ons skep die perfekte omgewing wat goeie slaap sal verseker. “Die ‘perfekte’ omgewing bestaan nie noodwendig nie, want vir almal is dit anders. Dis egter nie onmoontlik om te probeer nie!” sê Rudo Kemp, die stigter van Sloom, ’n onderneming wat eiesoortige, gemaklike, en verstelbare matrasse in Suid-Afrika maak.

“Een konstante waaroor jy beheer het, is dat jou matras en kussing van ’n goeie gehalte moet wees. Dit moet jou gemaklik laat voel en jou liggaam (en jou vorm) ondersteun. Ek het Sloom begin, want ek wou ’n bed skep wat die perfekte ‘rus’-omgewing vir almal bied – van ondersteuning tot gemak, en aflewering tot by jou deur,” sê hy.

“As jy lekker gemaklik wil slaap, kort jy beddegoed wat asemhaal – katoen of linne is altyd jou beste opsie, maar ook ’n moet. Kom ons gesels oor kamertemperatuur: Ons liggame verkies dit om in ’n kamer te slaap waar dit 23 ˚C

Advertisement



Continue Reading
Advertisement