Connect with us

Entertainment

Leef stadiger, leef meer

Published

on

Die probleem met die daaglikse rat race, skryf iemand op die Slow Movement-webwerf, is dat jy steeds net ’n rot is as jy wen. Ons is vasgevang in ’n eindelose gejaag na meer en beter. Ons word daagliks gebreinspoel dat ons meer en beter verdien, en daarom koop ons meer en beter, wat veroorsaak dat ons harder moet werk om vir alles te betaal.
Maar jy, as vrou en ma, wéét dat al die gejaag uiteindelik nie lei tot meer en beter nie, maar tot minder en slegter: minder tyd, slegter gesondheid, slegter verhoudings, minder gelukkige huwelike en gesinne. Al wat vermeerder, is stres en skuld.

 

Lees ook: 30 maklike dinge wat jy kan doen om jou lewe te verbeter

 

Hoekom afskaal?

Ons vroue werk deesdae dikwels meer ure vir ’n tweede inkomste as wat ons pa’s as broodwinners in die jare vyftig gewerk het.

Advertisement

Boonop het ons die slawe geword van die tegnologie wat alles eintlik vir ons moes kom vergemaklik. Ons voel skuldig as ons nie ons selfone antwoord nie. (Of, hemele behoed, dit afskakel.) Ons ander slawedrywer is ons rekenaar se e-posbus.

Die tyd waarin ons leef sê tyd = geld. Ons wil nie ’n sekonde mors nie en jaag ons sat tussen werk, kinders en huis. Die gevolg? Stres. En al meer stresverwante siektes soos diabetes en kanker. En meer ongelukke, selfmoorde en ’n groter finansiële las op ons mediese fondse.

Lees ook: Stres, ek kan nie meer nie!

Ons hier by rooi rose het besluit genoeg is genoeg. Ons sê jy mág soms niks doen nie sonder om skuldig te voel. En jy móét meer tyd maak vir ontspan en oefen en lekker eet en heerlik kuier.

Lééf ’n slag: proe weer wat jy eet, ruik die blomme, hoor die voëls, ruik die reën!

Advertisement

 

 

Maak die konneksie

Jy’s nie al een wat moeg is vir die rotren nie – bewegings (eintlik denkrigtings) soos die Slow Food Movement, die Slow Living Movement en Take Back Your Time raak al hoe gewilder.

As ons eerlik sou wees, sal ons almal erken dat ons ’n behoefte het aan ’n groter konneksie met dinge om ons. Ons kommunikeer met SMS’e en oor WhatsApp, wat beteken dat ons dikwels nie eers ons vriende en geliefdes se stem hoor nie. Ons stuur onpersoonlike e-posse. Wie onthou nog die vreugde van ’n brief in jou posbus? Die reuk van papier en dalk parfuum as jy dit oopvou? Ons het ook kontak verloor met ons hartsplekke en met ons kos. Eerder as om op ’n Sondag iewers heen te ry vir ’n piekniek, gaan ons vir ‘n passiewe, virtuele reis voor die TV.

Lees ook: Somertyd is piekniektyd

Advertisement

Kenners sê dit alles veroorsaak dat ons kontak verloor met ons tradisies en kultuur, iets wat ons gemeenskappe en moraliteit verswak omdat ons nie meer tyd het vir betrokkenheid by ’n kerk of



Continue Reading
Advertisement