Connect with us

Entertainment

17 wenke om beter verhoudings met jou kollegas te kweek

Published

on

Jou verhouding met jou kollegas kan jou uitkyk op die lewe beïnvloed en jou bui bepaal. Negatiewe energie mergel ’n mens uit en kan uitkring en jou kreatiwiteit benadeel. Werk aan jou ingesteldheid en werk lekker.

Lees ook: Hoe om jou verhouding met geld te verander +WEN Kim Potgieter se nuwe boek!

1. Luister

Die internasionale magnaat, skrywer en korporatiewe kenner Dale Carnegie, het volgehou dat luister die beste kommunikasievaardigheid is, en ook die maklikste een om aan te leer.

Jy hoef nie ’n prater te wees om goeie verhoudings te bou nie. Luister is jou sleutel tot sukses, veral in ’n tegnologiese eeu waar die meeste kommunikasie deur kriptiese boodskappe en emoticons geskied.

As jy ten volle beskikbaar is, toon dit respek en wys jy dink iemand is belangrik. As jy ordentlik luister en nie heeltyd dink wat jy volgende wil sê nie, onthou jy ook beter sodat jy in ’n volgende gesprek kan uitvra na dit waaroor julle laas gesels het. Maar pak weg daardie foon en los jou rekenaar.

Advertisement

2. Goeie maniere

Dit klink dalk outyds, maar goeie maniere waar jy dinge doen soos mense groet en dankie en asseblief sê, is steeds belangrik. Kenners glo dieselfde dinge wat jou op skool gewild gemaak het, werk ook in die werksomgewing.

Maya van Wagenen, ’n Amerikaanse tiener wat moeilik vriende gemaak het, het ’n 1950-etiketboek, Betty Cornell’s Teen-Age Popularity Guide, gebruik om haar by ’n nuwe skool in te burger. Die raad het gewerk, en boonop het haar dagboek en stories haar ’n boekkontrak van R4,5 miljoen en fliekregte besorg.

3. Moenie skinder nie

Wil jy hê ander moet agter jou rug praat? Jou kollegas voel dieselfde. Enige gerug kry gestalte as dit ’n paar draaie geloop het. Maak seker jy is nie die een wat die stories versprei nie. Dis veral belangrik as dit met werkskwessies verband hou. Wag tot die feite bekend is voor jy jou stuiwer in die armbeurs gooi.

4. Glimlag

Skaam mense kan nors voorkom as hulle nie oogkontak maak en vrolik lyk nie. Glimlag en lyk toeganklik, al is jy nie die grootste prater nie.

5. Wees betyds

Ons almal het nou en dan ’n onvoorsiene probleem wat ons laat maak, maar moenie elke tweede oggend vol verskonings laat instorm nie. Beplan beter.

Advertisement

Volgens navorsingsbevindings is laatkommers onrealisties optimisties oor hoe lank dit duur om dinge gedoen te kry. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou sal neem om iets te doen. Kyk dan op jou horlosie en bepaal presies hoe lank dit jou werklik geneem het om soggens reg te maak, ontbyt te eet en tot by die werk te kom.

Jy kan verbaas wees oor jou optimisme! Onthou om ’n paar minute ekstra in te werk vir ’n verkeersknoop of robot wat nie werk nie.

6. Lyk selfversekerd

Eerste indrukke word veral bepaal deur jou voorkoms en lyftaal, eerder as



Advertisement
Continue Reading
Advertisement