Connect with us

News

Klagtes teen Waterkloof-skoolhoof ondersoek

Published

on

Die beweringe rondom moontlike ontoepaslike gedrag en onvanpaste opmerkings teenoor leerders sowel as finansiële wanadministrasie en riskante aankondigings deur die skoolhoof van Hoërskool Waterkloof, word in ’n ernstige lig gesien.

Só sê Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse Departement van Onderwys. “Ons het ’n ondersoek begin om omstandighede en bewerings rondom hierdie aangeleentheid in te stel,” sê Mabona, wat hom nie oor die tydsverloop van so ’n ondersoek wou uitspreek nie.

Die hoof, Chris Denysschen, is tans vir 90 dae tydelik verplaas na die distrikskantoor van die Gautengse Departement van Onderwys. Hy was reeds Vrydag, 13 September, nie by die skool nie.

Die klagtes is deur die prokureur, Sean Hefferman, namens van die ouers aanhangig gemaak en sluit bewerings in rondom vrae wat Denysschen glo oor die skool se interkom-sisteem oor die leerders se gedrag tydens puberteit aan hulle gestel het.

Die bewerings rondom die moontlike wanadministrasie sluit in klagtes wat verband hou met die bou van ’n multi-miljoen rand ouditorium op die skool se terrein.

Advertisement

Denysschen sal in die ondersoek teen hom as gevolg van bewerings van ontoepaslike gedrag teenoor leerlinge en moontlike wanadministrasie, deur die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU bygestaan word.

Paul Sauer, uitvoerende hoof van die SAOU, sê Denysschen is ’n lid. Volgens Sauer is die voorkomende oorplasing na die distrikskantoor gedoen om die ondersoek kans te gee om sy gang te gaan sonder die moontlikheid van inmenging van die lid.

“Ons bevestig dat ons hom tans bystaan. Die ondersoek moet sy proses deurloop en ons adviseer hom tans rakende sy regte tydens die ondersoek,” verduidelik Sauer.

“Die saak is sub judice en ons reageer glad nie in die openbaar oor die bewerings wat teen ons lid gemaak is nie. Ons stel dit duidelik dat dit slegs bewerings is en sy werkgewer tans ’n ondersoek na die bewerings doen.”

Hy het daarop gewys dat die werkgewer binne 90 dae die ondersoek moet afhandel.

By afhandeling van die ondersoek sal die werkgewer dan besluit of daar ’n klagstaat uitgereik word. ’n Verhoor moet dan plaasvind.

Annette Grobbelaar, bemarkingsdirekteur van die skool, het namens die voorsitter van die beheerliggaam, Louis Perold, aan Rekord gesê dat die skool nie in hierdie stadium enigsins kommentaar oor die aangeleentheid wil lewer nie.

Advertisement

“Ons verwys alle navrae na die onderwysdepartement en gaan geen verdere kommentaar lewer nie,” sê Grobbelaar.

Denysschen is afkomstig vanaf Tzaneen, waar hy vantevore die hoof van Die Hoërskool Ben Vorster was. Hy is amptelik by Hoërskool Waterkloof aangestel vanaf 1 Desember 2018.

Prokureur Sean Hefferman se kommentaar is aangevra maar teen publikasie nog nie ontvang nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

<p

Advertisement



Continue Reading
Advertisement