Connect with us

Entertainment

“S” is vir somer én stres: Beskerm jou troeteldiere

Published

on

’n Gespanne of angstige kat of hond is algemene bekommernisse en die rede dat troeteldierouers hulp soek. Katte en honde reageer anders op stres en angs.

 

Stres in honde en katte kan in drie verskillende tipes verdeel word: Vrees, fobies en angs.

Vrees is ’n instinktiewe reaksie op ’n eksterne vrees. Die kat of hond is angsbevange en bang.

  • Dit word, byvoorbeeld, gesien wanneer daar vreemdelinge op die eiendom is, ’n groter dier wat hulle bedreig of selfs ’n skielike harde geluid. ’n Vreesreaksie is ’n natuurlike deel van die “veg, vlug of vries” instink en tensy dit abnormaal raak, is dit ’n normale gedrag.

Fobies is ’n uitermate vrees vir eksterne stimuli. Die algemeenste fobie in honde is vir geluide (vuurwerke, harde geluide en donderstorms).

  • Dis wanneer vrees oordrewe is en tot abnormale gedrag lei. In sekere gevalle kan hierdie gedrag skadelik wees, teenoor die dier self, die eiendom of selfs teenoor die “ouer”. Wanneer dit by hierdie stadium kom, is spesifieke gedragsveranderinge en behandeling nodig. Dis ook belangrik om professionele hulp te kry.

Angs is die ongemaklike gevoel of vrees verwant aan die afwagting van gevaar.

  • Byvoorbeeld, skeidingsangs gebeur wanneer die troeteldier ’n ongewone reaksie het wanneer hulle weg van die eienaar af is, vir langer of korter tydperke. Dit kan gedurende werksure of selfs saans wanneer die eienaar weggaan wees – veral in die maande wanneer



    Advertisement
Continue Reading
Advertisement