Connect with us

Entertainment

Is geluk geneties?

Published

on

Sommige geleerdes meen dat daar ’n “geluksgeen” is en dat dit vir tot die helfte van jou geluk verantwoordelik is.

Die res, meen kenners, skrywers en filosowe, is eenvoudig ’n wilsbesluit. Jy het beheer oor jou gemoedstoestand. Dis ’n keuse. Moenie ander die mag gee om jou deur ’n swart bril na die lewe te kyk nie.

Besluit eenvoudig om ’n gelukkige mens te wees – net soos wat jy besluit oor wat jy vandag gaan eet of aantrek. Dis onnodig om deur jou DNS gevange gehou te word, sê die wat weet.

Wat navorsing bewys

Sielkundiges aan die Universiteit van Edinburgh, in samewerking met die Queensland-instituut vir mediese navorsing in Australië, het bevind dat geluk deur persoonlikheidsaspekte sowel as oorerflike faktore bepaal word. Party mense het selfs ’n “gelukreserwe” waarop hulle tydens moeilike tye terugval. ’n Meta-ontledingstudie wat in 2005 aan die Universiteit van Stanford gedoen is, het getoon dat genetika ’n rol in depressie vertolk. Dit beteken egter nog nie dat ’n afwesigheid van depressie op die teenwoordigheid van geluk dui nie. ’n Studie in 2011 het belowende bewyse gevind dat mense met ’n sekere geen, genaamd 5-HTTLPR, meer lewenstevredenheid toon. Navorsing toon ook dat sekere eienskappe soos optimisme, geluk en ’n goeie selfbeeld oorerflik is. ’n Studie waarby tweelinge van die Minnesota Twin Registry betrek is, het bevind dat nagenoeg 50% van jou lewenstevredenheid aan gene te danke is. Dit beteken dat 40% aan doelbewuste aktiwiteite en 10% aan eksterne faktore toegeskryf kan word. Geleerdes verwys ook na “positiewe sielkunde”. Chris Peterson, een van die stigters van die konsep, is bekend vir sy navorsing oor optimisme, gesondheid, karakter en welstand. Hy sê om te floreer, moet jy jouself aanvaar en empatie vir ander hê en daar is vyf faktore wat tot geluk bydra. Dit is positiewe emosies, betrokkenheid, betekenis, verhoudings, en prestasies. Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

Wat die kenners sê

Dr Elmari Mulder-Craig, ’n psigo- en hipnoterapeut, sê geluk is nie iets wat deurlopend is nie. “Daar is ’n rekenaarprogram in jou liggaam wat met genetika te make het, asook hoe jy grootgemaak is. Jou omstandighede en stresvlakke praat met mekaar.” Elmari verwys na ’n interessante studie wat oor parapleë gedoen is, wat erge trauma as gevolg van ’n ongeluk beleef het, terapie ontvang het en teruggekeer het na hul basislyn van geluk voor die trauma. Sy noem daar is vandag baie soorte terapie wat ons help om dieper na ons bloudruk terug te gaan. “Hipno- en gedragsterapie-veranderings kan hiervoor help. ’n Mens kan ook tegnieke aanleer oor hoe om veerkragtiger te wees,” noem sy. Elmari stem saam met ander kenners dat jou geluk grootliks eintlik by jouself begin. Jy kan nie van ander daarvoor afhanklik wees nie. “Proe die sjokolade, voel hoe lekker dit is om te oefen, hoe die son op jou vel skyn en hoe lekker dit is om rondom

Advertisement



Continue Reading
Advertisement